Dr FG Adriaanse, namens Kimleigh Chemicals SA (Edms) Bpk
Wetenskaplike instrumente vir die identifi sering van noodsaaklike mikro-elementtekorte is 1) grondontledings volgens spesifi eke ekstraksies; 2) gedroogdeblaar-ontledings; en 3) blaarsapontledings. Terselfdertyd behoort die volgende faktore wat die opneembaarheid en assimilasie binne plante beïnvloed, in ag geneem te word:
- Boor (B) loog baie maklik terwyl die grense tussen genoegsaamheid en toksisiteit so min as 2 mg/kg in die grond is.
- Molibdeen (Mo) is ontoeganklik onder sterk suur grondtoestande en kan ook loog.
- Sink (Zn), mangaan (Mn), koper (Cu), B en yster (Fe) is ontoeganklik onder sterk alkaliese grondtoestande.
- Die onkruiddoder glifosaat bind Zn en Mn in plante en in die grond met baie sterk chelaatbindings wat dit onbenutbaar maak.
- Mikro-elemente in die sulfaatvorm sal met MAP in ’n kunsmisband of met tegniese MAP in ’n plantvoormengsel of in blaarbespuitings bind om onoplosbare en onopneembare fosfaatverbindings te vorm. Hierdie probleem is op Zn-, Mn-, Cu- en Fe-sulfate van toepassing.
Met inagneming van bogenoemde faktore is daar besluit om twee mikro-elementpakkies volgens baie spesifi eke formulasies en in die regte verhoudings tot mekaar vir mielies gedurende die 2021/2022-seisoen in die Bothaville-omgewing te toets. Die hoeveelhede van die mikro-elemente is gebaseer op ’n mielie-opbrengs van 6 000 kg/ha.
Materiaal en metodes
Die eerste pakkie het slegs uit B en Mo bestaan omdat die meeste standaardblaarontledings (gedroog) slegs tekorte van dié elemente in die omgewing aandui. Hierdie pakkie is uit B Metalin 150 en Mo Metalin 200 saamgestel (Grafi ek 1). Die koste van Pakkie 1 was teen Maart 2023 R129,44/ha. Hierdie produkte is nie gewone soute nie, maar ook baie spesifi ek geformuleer vir klewing, verspreiding en indringing in blare. Verder word beklemtoon dat B en Mo nie in nanoformulasies beskikbaar is nie. Die tweede pakkie het uit Zn, Mn, B, Cu en Mo bestaan omdat tekorte van dié elemente deur blaarsapontledings aangedui en ook verwag is. Hierdie pakkie het minder B en Mo bevat, maar ook Zn Metalin 700, Cu Metalin 500 en Mn Metalin 500 (Grafi ek 1). Die koste van Pakkie 2 was teen Maart 2023 R124,97/ha. Die bykomende elemente in Pakkie 2 (Zn, Mn en Cu) was al drie nanoformulasies. Die voordele van nanoformulasies bo ander formulasies is deur die skrywer in SA Graan/Grain se Julie 2022-uitgawe uiteengesit. Soos met Pakkie 1, is die produkte spesifi ek geformuleer vir effektiewe blaaropname. Metalin-produkte is suspensiekonsentrate wat voortdurend geroer moet word wanneer dit toegedien word. Die hoeveelheid water wat in die proef gebruik is, was 100 liter/ha hoewel tot 200 liter water/ha aanbeveel word. Die groeistadia waarop bespuit is, was tussen V8 en V10. Metalin-produkte word tot op groeistadium R3 aanbeveel. Dié formulasies kan die glifosaatbinding van Zn en Mn teenwerk nadat dit plaasgevind het, maar is nie geskik vir toedienings
saam met glifosaat nie. Kimleigh Microton-produkte wat Zn, Mn, B en Mo bevat, kan wel saam met glifosaat toegedien word en is wateroplosbaar, maar is nie in die proef getoets nie. ’n Ewekansige blokontwerp met vier herhalings is gebruik. Die resultate is statisties verwerk.
Resultate
Die opbrengsverhoging met die eerste pakkie was 215 kg/ha en met die tweede pakkie 494 kg/ha (Grafi ek 1). Teen ’n gerealiseerde mielieprys van R4 000/ton is die waarde van die opbrengsverhogings onderskeidelik R860/ha en R1 976/ha en die rendement R731/ha en R1 851/ha. Die opbrengsverhoging van die tweede pakkie was ook statisties betekenisvol by 90%-sekerheid, wat ’n goeie aanduiding van herhaalbaarheid is.
Gevolgtrekkings
- Metalin B- + Metalin Mo-toedienings was ekonomies regverdigbaar, maar nie statisties betekenisvol nie.
- ’n Metalin-mikro-elementpakkie waarvolgens B- en Mo-toedienings verminder is en nanogeformuleerde Zn, Mn en Cu bygevoeg is, het rendement op insette sowel as statistiese betroubaarheid verseker.
- Toedieningshoeveelhede is op ’n verwagte opbrengs van 6 000 kg/ha gebaseer, terwyl die beste behandeling 8 342 kg/ha gelewer het. Toedieningshoeveelhede wat op 8 000 kg/ha gebaseer was, sou waarskynlik ’n nog beter rendement gelewer het.
- Blaarsapontledings is waarskynlik ’n beter aanduiding van mikro-elementtekorte as gewone standaardblaarontledings (gedroog) of grondontledings.